Skip to main content

Drie koue fronte tref Wes-Kaap

Die SA Weerdiens het Wes-Kapenaars gewaarsku om bedag te wees op drie koue fronte wat die streek die naweek kan tref Die moontlikheid van sneeu is nie uitgesluit nie.

Die verlies aan vee en oeste kan verwag word weens die kombinasie van baie koue, winderige en nat toestande.

Verswakte mense kan ook kwesbaar wees, aangesien hul liggame nie so maklik hitte sal kan behou nie.

Raad dreig om SAL se vlerke te knip

Die Lugdienslisensiëringsraad het die Suid-Afrikaanse Lugdiens ‘n 90-dae-sperdatum gegee om aan hulle die dokumentasie te verskaf wat wetlik vereis word om te verhoed dat die SAL se lisensies opgeskort word.

Die Lugdienslisensiëringsraad het in ‘n brief gesê hy het ‘n opdrag ingevolge die Lugdienslisensiëringswet aan die SAL uitgereik om hom in te lig dat die lugredery versuim het om die vereiste dokumente beskikbaar te stel.

All Blacks verander min aan verloorspan

Die Nieu-Seelandse rugby-afrigter Ian Foster het net vier veranderinge aangebring aan die All Black-span wat Saterdag op Ellispark in Johannesburg teen die Springbokke uitdraf.

Die All Blacks het die afgelope naweek in Nelspruit ‘n rekordloesing teen die Bokke gekry.

Richie Mo’unga is een van vier veranderinge wat die All Blacks aan sy beginspan gemaak het vir die Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke Saterdag op Ellispark.

Richie vervang Beauden Barrett as losskakel. Die stutte Ethan de Groot en Tyrel Lomax, sowel as die flank Shannon Frizell is in die beginspan ingesluit.

Opposisie staan saam teen Cyril

Opposisiepartye gaan saamstaan om oor die lot van pres. Cyril Ramaphosa en sy administrasie te besluit.

Die DA, EFF, IVP, ACDP, UDM, NFP, ATM, COPE en die PAC het na ‘n veelpartyvergadering verlede week in Pretoria ‘n verklaring uitgereik waarin hulle bekend gemaak het dat hulle kragte gaan saamsnoer in hulle optrede teen die huidige bewind. Ramaphosa het onlangs opslae gemaak na aanleiding van Arthur Fraser, voormalige direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, se bewerings dat hy probeer het om ‘n misdaad by sy plaas in Lephalale te verswyg.

Leave a Reply