Skip to main content

Staal jou vir nog beurtkrag …

Suid-Afrikaners moet hulle staal want fase 2-beurtkrag is weer ‘n moontlikheid.

Eskom het gister gesê probleme met opwekkingseenhede by die Majuba- en Tutuka-kragstasies en twee by die Kriel-kragstasie het druk op die kragopwekkingstelsel geplaas.

Weermag dalk ontplooi

Die SA Weermag het sowat 200 soldate beveel om op bystand te wees vir ontplooiing aangesien “SA geleidelik in onrus verval weens misdadigheid”. Die bevel is 6 Augustus gedateer. Dis uitgereik deur genl.-maj. Patrick Dube, algemene offisier wat die Weermag se infanterieformasie aanvoer, wat daarin sê dat die soldate nodig is “in afwagting op ontplooiing in samewerking met die polisie”.

Soldate mag slegs ontplooi word sodra dit deur pres. Cyril Ramaphosa gelas is, wat ook eers die parlement daaroor moet inlig.

Hof stuit Ace se appèl aansoek

Die konstitusionele hof het Ace Magashule se aansoek om teen sy skorsing as die ANC se sekretaris-generaal te appelleer, van die hand gewys.

Magashule is ingevolge die party se opsystaanreël in Mei verlede jaar uit die ANC geskors.

Slag vir evas: hak-liefhebber kry pos terug

Die arbeidshof het beveel dat ‘n vrou wat vyf jaar gelede ontslaan is nadat sy ontevredenheid uitgespreek het oor die “geen hoëhakskoene”-beleid by haar werk, weer aangestel moet word.

Tharisa Minerals, wie se kernbate Tharisa-myn is, het in 2015 ’n beleid aanvaar dat “gepaste skoene te alle tye gedra moet word”.

Daarvolgens word pantoffels, hoëhakskoene en oop skoene  nie toegelaat nie.

 

Leave a Reply