Skip to main content

Gert Basson

As jy vir ’n jaar lank elke aand by ’n luukse restaurant gaan uiteet en minstens een keer ’n maand oorsee reis, gaan jy steeds nie soveel geld blaas soos wat ons minister van polisie glo op verblyf en kos spandeer nie.

In ’n verdoemde verklaring deur die DA word beweer dat sedert Bheki Cele as polisieminister aangestel is, het hy R1.5 miljard op verblyf, R42.7 miljoen op kos en R1.8 miljoen op vermaak spandeer.

“Elke week moet ons land se mense die een grusame misdaad na die ander een ervaar terwyl die polisie hulle begroting op nietighede blaas,” sê Andrew Whitfield, DA-woordvoerder oor polisie.

Na aanleiding van ’n vraag deur die DA in die parlement oor hoeveel die minister per jaar spandeer om hofsake en misdaadtonele by te woon, het Cele geantwoord dat sy departement miljarde sedert Maart 2019 spandeer het.

“Dit kom nadat die polisie verskonings maak dat hulle nie die land se burgers teen misdaad kan beskerm weens hulle finansiële tekortkominge nie.”

Volgens Whitfield is daar oor die jare gesny aan begrotings by polisiestasies en is beamptes ook afgelê terwyl Cele die departement se begroting gebruik om te onthaal en die land vol te reis.

“Die DA aanvaar dat geld soms uitgegee moet word om polisiebeamptes behuising te bied as hulle iewers heen gestationeer word, maar die enorme bedrag moet deur die portefeulje-komitee vir polisie ondersoek word.

“Dit is absurd dat die SAPD oor die R1.4 miljoen per dag spandeer om polisiebeamptes te behuis.”

Leave a Reply