Skip to main content

Lumé van Schalkwyk

Of dit nou ‘n laatnag roomys eet of ‘n vroegoggendstappie langs die strand behels, Madibabaai se top toeristeattraksie is net eenvoudig nie meer veilig nie.

Nie net deel die inwoners hierdie gevoel nie, maar Summerstrand se wyksraadslid, Renaldo Gouws, smeek al vir ‘n geruime tyd dat ‘n toegewyde “Toerismebeskermingseenheid” gestig word.

Dit volg nadat ‘n 62-jarige vrou Sondagoggend kort na 08:00 langs Humewood se ‘Beach Road’ gestap het en toe deur ‘n onbekende man aangeval is.

Die vrou is daarna in die naaste hospitaal opgeneem vir mediese behandeling.

Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Priscilla Naidu, het die verdagte die vrou met ‘n mes in haar hand gesteek voor hy haar foon gegryp en haar daarna omgestamp het. Die verdagte het daarna van die toneel gevlug.

In Mei vanjaar was daar nog ‘n voorval waar ‘n familie getraumatiseer gelaat is nadat ‘n pa verskeie kere met ‘n mes in sy rug gesteek is op ‘n gesinsuitstappie, meters weg van die pier.

Geen arrestasies is sover gemaak nie en ‘n saak van gewapende roof word deur die SAPD ondersoek.

Leave a Reply