Skip to main content

Ongekende ellende – rampe wat ons geruk het

Chris Schoeman

Dis ou nuus dat die wȇreld op sy kop is of vir genoeg mense so voel. Met die pandemie, oorloȅ en gereelde al hoe vreemder wȇreldverskynsels is hierdie ‘n tydige boek vir enige boekrak.

Dis die skerp skrywer se opvolg op sy eerste reeks, lekker vertellings oor rampe in ons land: Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe wat in 2021 verskyn het.

Schoeman het deeglik navorsing gedoen en skryf in sy opvolg oor nog rampe en belig terselfdertyd ook minder bekende plaaslike en selfs vergete voorvalle en nuusgebeure met rampafmetings deur die eeue.

Die sagtebandboek met 200 bladsye bevat boeiende stories en is ook as die dokumentering van die mens se plek binne die geskiedenis plaaslik en breȅr waardevol. Dis vertellings van kerngebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, en moet herleef én voortleef.

Schoeman se lys indrukwekkende gekiedenisboeke tot nou sluit in: Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in Rebel, die lewe van kommandant Hans Lötter.

Dis die ideale geskenk vir weetgierige lesers op soek na die ware feite oor Suid-Afrikaanse rampe. En bied ’n uitstekende oorsig vir lesers wat graag nader wil kennis maak met opspraakwekkende rampe van toeka tot nou.

Leave a Reply