Skip to main content

Moer toe die vreemde in

(Hersiene uitgawe, eerste druk)

C. Johan Bakkes

Lekker reisverhaalboeke waarborg leesplesier en is gewilde verkopers.

Die skrywers daaragter is ook dikwels kleurryke karakters wat gou volksgliefd raak. C. Johan Bakkes is een van hulle en stam uit ‘n welbekende kultuurfamilie waarin die kreatiewe ink dik loop.

Bakkes se groot en ongetemde persoonlikheid maak van hom ‘n geliefde spreker. Hy deel dikwels die verhoog met soortgelyke volksvertellers soos Dana Snyman, Valiant Swart en Gert Vlok Nel en is ’n bekende gesig op TV-reisprogramme.

Met sy pikante reissketse is hy ‘n geliefde skrywer van veral aweregse reisjoernale.

Twintig jaar ná die verskyning van sy eerste boek, Moer toe die vreemde in, tref dit nou weer die rak – en nie slegs as heruitgawe nie. Die skrywer het intussen veel meer gereis en die boek is gepas heerlik bygewerk ook.

Dis ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal. Casparus Johannes Bakkes is op 21 Oktober 1956 in Stellenbosch gebore as die oudste van vier kinders van die bekende skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige dr. Casparus Marius Bakkes.

Diė rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland, is ervare wêreldreisiger en toergids. Hy is met die kunstenaar Nanna Vorster-Bakkes getroud.

Sy broer, Christiaan Bakkes, is ook ’n skrywer, wyl nog ‘n broer Marius bekende joernalis is.

Die sagtebandboek is ‘n lieflike geskenk en ook as e-boek beskikbaar.

 

Leave a Reply