Om jouself in ‘n piekel te bevind beteken in die sop beland. Maar dit kan ook wraggies lonend wees.
‘n Australiese kunstenaar se obskure oornagsukses kan hiervan getuig. Sy kreatiewe idee om ‘n gewone piekel vanaf ‘n nederige McDonald-kaasburger teen ‘n gallery se plafon te “laat spat”, bring hom nou onverwagte wins en mediablootstelling in die sak.
Sy kreatiewe uitlaatklep het besoekers aan ‘n kunsgallery in Nieu-Seeland in rep en roer. Daar word nou $6,200 – sowat R275 000 – vir die eenvoudige kunswerk opgedok, berig artnet news.com.
Daarvolgens kry kopers nie die einste piekel met hul kunsaankoop nie maar ‘n nuwe een, darem saam met instruksies hoe om daarmee dan diė of ‘n soortgelyke kunswerk in hul eie voorkeurruimte te skep.
Die Australiese kunstenaar Matthew Griffin het vir sy oorspronklike kunswerk ‘n piekel van ‘n gewone McDonald-kaasburger afgehaal en dit op die gallery se plafon geplak. Die pikante kosstukkie is dalk klein maar verkoop tans as kunswerkie teen NZ$10,000 oftewel $6,200.
Die kunswerk, eenvoudig getiteld Pickle, kan by die Michael Lett Galery in die Kiwi-hoofstad Auckland besigtig word.
Ander voorbeelde van ongewone kunswerke is Marcel Duchamp se urine, getiteld Fountain wat in 1917 vir $120,000 verkoop het en die piesang wat Maurizio Cattelan in 2019 op die muur van die Art Basel Miami geplak het.