Skip to main content

Charmaine Lourens

Met die brandseisoen se rooitydperk wat einde vandeesmaand begin, word die boere in Limpopo gemaan om seker te maak hulle brandbane is in plek.

Mark Wreyford, Basisbestuurder van Working on Fire (WoF) en ondervoorsitter van die Mogalakwena Brandbeskermingsvereniging, sê alle mense wat grond besit waarop ‘n veldbrand kan ontstaan moet ‘n brandstrook voorberei aan sy kant van die grens en in stand hou ingevolge die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande.  “Indien jy die grond huur, is jy ook die persoon verantwoordelik vir die brandbane.”

Wreyford sê die boere se onverskillige houding om betyds vir brandbane te sorg, is ‘n groot kopseer vir die WoF-span. “Ons bel die boere reeds aan die begin van die jaar om te hoor of ons brandbane kan maak, maar dan wil hulle eers wag. Dit veroorsaak dat ons nou met die rooiseisoen op hande oorval word met versoeke vir brandbane. Ons het net een span en kan nou net na hoë risiko gebiede kyk.”

Volgens Wreyford moet brandbane minstens 5m wyd wees. “Eerder te wyd as te smal.  Die wet vereis dat bane breed en lank genoeg moet wees om die verspreiding van brande te kan keer.”

In Limpopo is daar sowat 500 brandbestryders wat tydens die brandseisoen gereed staan. Die brandbestryders is by 25 brandpunte gestasioneer om blitsig by brandpunte uit te kom.

One Comment

  • Anette Bennett says:

    Wel as hulle eweveel swart as wit kinders in skole sit gaan daar duisende swart kinders wees wat nie sal kan skoolgaan nie?

Leave a Reply

error: Content is protected !!