Skip to main content

Lumé van Schalkwyk

Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het vroeër die week bekend gemaak dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) oorweeg dat daar voortaan ‘n 50/50-verhouding van wit en swart leerders in alle skole moet wees.

“Geen instelling behoort geregistreer te word tensy daar 50/50 (verteenwoordiging) van swart studente en wit studente in skole is nie. Ons kan nie ‘n eg Suid-Afrikaanse identiteit kweek nie. Nie as almal nie op dieselfde voordele en voordele geregtig is nie,” se sy.

Baxolile Nodada, DA skaduminister van basiese onderwys, is ook deur hierdie aanmerkings ontstel. Hy het haar denkproses met ‘rasse-ingenieurswese’ vergelyk: “Dit was skokkend om te hoor hoe die ANC se voorsitter van die komitee vir sosiale transformasie, minister Lindiwe Sisulu, ‘n sogenaamde ’50/50’-rassemodel in skole voorstel. Dit is ’n klassieke voorbeeld van die ANC wat ’n probleem verkeerd diagnoseer en dit dan boonop die verkeerde oplossing gee.

“Weereens poog die patologiese ANC om ras te gebruik as ‘n manier om mense te kategoriseer en te behandel, hierdie keer onskuldige skoolkinders. Die DA verwerp die minister se voorstel om skole te rasseer in plaas daarvan om die disfunksie reg te stel.”

Daar is duidelik groot fout met hierdie bloudruk. Suid-Afrika se rassedemografie is so uiteenlopend dat die verdeling van klaskamers in 50% wit en 50% swart leerders onmoontlik sal wees in baie streke van die land.

Bygesê, bestaan slegs ‘n baie klein minderheid van Suid-Afrika se bevolking uit Engelse en Afrikaanse burgers.
Die enigste manier hoe Lindiwe Sisulu se planne dus kan werk, is as miljoene wit kinders oor Suid-Afrika se grense gebring word.

Dus bewys hierdie aantuigings dat die Minister van Toerisme nie ‘n benul het wat in die onderwys-sisteem aangaan nie.

Die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, Dr. Jaco Deacon, wonder waar Sisulu aan al die wit kinders gaan kom om al die leerders volgens ras te verdeel.
Hy meen ook dat dit vir al die bruin, Indiër en Asiatiese burgers ‘n groot klap in die gesig is omdat hulle hierby uitgesluit is.

Die Fedsas wil Sisulu se opmerkings, volgens Deacon, eintlik met minagting verwerp.

“Dis niks anders as goedkoop politiek nie en dis jammer dat die minister kinders nou as haar politieke speelbal gebruik.”

Lindiwe sê dat die land nie ‘n “eg Suid-Afrikaanse identiteit kan kweek as almal nie dieselfde voordele het en in dieselfde tipe omgewing grootword en skoolgaan nie.”

Om rassisme deur beleide en praktiese instellings te beveg, is volgens haar deel van die ANC se mandaat.
“Ons sal seker maak hulle word saam in skole groot. Ek glo dat ons binne 10 jaar ‘n beter toekoms sal hê. Ons moet iewers begin sê ons is een volk. Dit is wat die Vryheidsmanifes sê.”

One Comment

Leave a Reply