Skip to main content

Shannon S Meyer en Nathaly Joy Hagglund

Isaac Cloete

“Is dit werklik nodig om vir blou jare op jou knieë te gaan vir jou diploma?”

So vra afgestuurde jongmense nadat hulle al in 2017 hulle onderskeie internskappe as NT-studente voltooi het. Aan die woord is Shannon S Meyer van Bulletrap in Namakwaland.

“Ons groepie van vyf het in 2014 ons akademiese semesters (18 maande) by die TVET kollege in Okiep voltooi. In 2016/17 het ons by die Namakwa Distrik munisipaliteit (NDM) ons praktiese gedeelte begin en voltooi.”

Volgens haar het hulle in 2017, na die 18 maande, hulle dienssertifikate by die NDM ontvang. Daarna het hulle aansoek gedoen vir hulle diplomas.

Sedertdien wag hulle nou al vir meer as vyf jaar op hulle diplomas wat die TVET kollege aan hulle moet laat uitreik.

Intussen was hulle al met die kampusbestuurder van die TVET kollege, Dana Boyce, in kontak. Vir die afgelope vyf jaar gee Boyce glo dieselfde verskoning, naamlik dat hy ook vir die diplomas wag.

Meyer het ten slotte vertel dat sommige studente wel hulle diplomas baie gou ontvang het.

“Ons is al raad-op want vyf jaar is darem nie vyf maande nie.”

Intussen het Meyer se medestudent, Nathaly Joy Hagglund, vertel dat sy gelukkig was om werk te kry sonder die diploma. Alhoewel haar salaris nou baie minder is.

“Ek moes my N6-uitslae en ‘n verslag van my praktiese opleiding by die NDM gebruik. Ek het dus maar opgegee om eendag met my diploma te kan spog.”

Volgens haar het selfs haar pa die TVET kollege genader, maar sonder welslae. Toe hulle die departement van hoë-onderwys (DHE) in Kimberley kontak, was hulle laat verstaan dat hulle bewyse, ensovoorts, nooit daar uitgekom het nie.

Filosofies eindig sy ten slotte: “Ek sal dit waardeer as ek eendag kan vertel dat ek my diploma na ses jaar gekry het.”

Boyce, het aanvanklik laat weet dat daar ‘n geweldige agterstand is wat die uitreik van diplomas betref. Dit kom vanaf die DHE.

Hy het gesê: “Daar’s ongeveer 40 studente met wie se aansoeke ek besig is. Sommige studente se aansoeke was afgekeur. Ek verifieer dit egter, want volgens my ervaring kwalifiseer hierdie studente wel vir die N7- diplomas.”

One Comment

Leave a Reply