Skip to main content

Daar is begin met konstruksie aan ‘n nuwe private geestesgesondheidsorgfasiliteit in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) wat geestesgesondheidsorg in die stad en omstreke ‘n hupstoot sal gee.

“Die nuwe fasiliteit, wat as Netcare Akeso Gqeberha bekend staan, word ontwikkel op ‘n eiendom wat inwoners sal ken as die voormalige ligging van Leo’s Restaurant,” sê Emma Hooyberg, kommersiële bestuurder van Netcare Akeso.

‘n Konstruksietydperk van 12 maande word beplan, en ons verwag om oop te wees vir ons eerste toelatings teen vroeg Mei 2023.”

‘n Studie wat deur Netcare Akeso onderneem is, het die behoefte aan bykomende geestesgesondheidsorgkapasiteit bevestig nadat verskeie spesialiste en verwante professionele persone gevra het vir bykomende beddens in die area te midde van ‘n groter nasionale vraag na geesteesgesondheidsorgdienste.

Netcare Akeso Gqeberha sal uit 72 beddens bestaan. Agt beddens sal in ‘n toegewyde saal vir adolessente wees, en die oorblywende 64 beddens sal volwasse pasiënte akkommodeer.

Die fasiliteit sal professionele hulp bied vir toestande insluitende angs, depressie en bipolêre gemoedsversteurings.

‘n Multidissiplinêre span kundiges insluitend psigiaters, sielkundiges, arbeidsterapeute en ‘n maatskaplike werker, ondersteun deur bekwame en ervare verpleegpersoneel, sal vanuit die fasiliteit werk. Daar sal ook konsultasiekamers, groepterapie-ruimte, ontspanningsareas, ‘n gimnasium, kantien en koffiewinkel op die perseel wees.

Leave a Reply