Skip to main content

Foto: Thabo Mbeki-stigting

Oudpresident Thabo Mbeki, het gisteraand by die gedenkdiens van wyle ANC-adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte in Johannesburg gewaarsku dat die land ‘n opstand kan beleef te midde van toenemende ontevredenheid onder Suid-Afrikaners.

Mbeki het die opmerkings gemaak met verwysing na die land se rekordhoë werkloosheid, en oor die misdaadtendense en energie-onsekerheid.

Hy het gesê die woede kan lei tot ‘n herhaling van verlede jaar se dodelike Julie-onrus.

Mbeki het ook ‘n striemende aanval op pres. Cyril Ramaphosa geloods en gesê die president het versuim om sy beloftes by die staatsrede na te kom om werkloosheid, ongelykheid en armoede aan te pak.

Leave a Reply