Skip to main content

Aanlyntoelatings vir graad 1 en graad 8 vir die 2023 akademiese jaar sal amptelik Vrydag om 8:00 open en op 19 Augustus 2022 sluit.

Die aanlyn-registrasieproses was in vorige jare chaos, maar Gauteng se departement van onderwys het Maandag in ’n verklaring gesê hy het die aanlynstelsel, asook die vorige tweefase-benadering hersien.

Om aansoek te doen, besoek: www.gdeadmissions.gov.za

Ouers en voogde sal van 3 – 31 Oktober 2022 SMS-kennisgewings van plasingsaanbiedinge ontvang om óf te aanvaar óf te weier,” lui die departement se verklaring.

Gauteng se omstrede LUR vir onderwys en uitgesproke kampvegter teen Afrikaanse enkelmediumskole, Panyaza Lesufi, het gesê hulle is positief dat hierdie verbeterings nuttig vir alle aansoekers sal wees.

Hy het ouers en voogde wat in 2023 plek vir hul kinders by Gautengse skole vir graad 1 of graad 8 gaan soek, versoek om seker te maak dat hulle die aangekondigde datums aanteken aangesien dit baie belangrik is.

Volgens die departement sal graad R-leerders nie outomaties tot graad 1 sonder aansoek aanvaar word nie, selfs al doen hulle aansoek by die skole waar hulle tans ingeskryf is.

“Dit beteken dat alle leerders wat vyf jaar oud is en wat teen 30 Junie 2023 ses jaar oud word en tans in graad R in ‘n skool of VKO-sentrum ingeskryf is, sowel as leerders wat nie in enige tipe skool is nie, om toelating moet aansoek doen.”

Leave a Reply