Foto: Twitter
Die bekende Boundary Silk Bazaar in Kempton Park het gisternag afgebrand.
Die onderneming, ‘n landmerk oor dekades in die nabye Oos-Rand, doen al 83 jaar sake.
Vanoggend het die gebou in Pomonaweg naby aan OR Tambo-lughawe nog gesmeul, maar die hele perseel, van die ingang tot die groot pakhuise agter die winkel, is in puin gelê.
“Daar is niks oor nie. Alles is verwoes. Alles, alles,” het ‘n brandbestryder op die toneel vanoggend aan Die Waarheid gesê.
Foto: Dirk Lotriet
Volgens hom het die brand gisternag tussen 10uur en 11uur uitgebreek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
“Hierdie plek is al langer hier as wat ek leef. Dis ‘n ramp,” het hy vertel.
Niemand is in die brand beseer nie.
Die eienaars van die onderneming was vanoggend nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Foto: Sonja Brown