Skip to main content

Die ooraanbod van avokado’s op die Europese mark beteken dat Suid-Afrikaanse avoboere geld verloor.

Byna1 000 skeepsvraghouers, meestal van Peru, is onderweg na Europa, met die gevolg dat die aanbod van avokadopere uiters hoog gaan wees. Dit sal in die toekoms pryse benadeel.

Waar Suid-Afrikaanse avokado’s gewoonlik goeie pryse behaal, was die Europese avokadomark vanjaar van meet af aan onder druk. Israeliese avokado’s was nog op die mark toe Suid-Afrikaanse avokado’s aangekom het, en daar word verwag dat die prys verder beïnvloed sal word deur die volumes wat uit Peru sal aankom.

“Terwyl ons mynsinsiens vanjaar minder probleme gehad het met koue fronte in die Kaap, het ons wel probleme gehad met onreëlmatige en onbetroubare vaartskedules,” sê ’n avokadoteler van Tzaneen.

“Een skip het meer as 50 dae geneem om na Rotterdam te vaar, meer as dubbel die gewone vaartyd, en dit is ’n katastrofe vir ons vrugte. Dit is vir ons ’n groot frustrasie.”

‘n Vertraging van vyf dae kan ‘n daling van 1 Euro tot 1,5 Euro per karton veroorsaak, en ‘n groot verskil maak. Dit beteken dus werklik aansienlike verliese vir die boere.

Baie uitbetalings moet nog hierdie seisoen plaasvind, maar tans is opbrengste op uitvoere op vlakke wat die bedryf vyf tot tien jaar laas gesien het.

Plaaslike kleinhandelaars het die innames vir hul avokadoprogramme met die helfte gesny in ‘n poging om avokadopryse te stabiliseer, sê die avokadoboer.

Leave a Reply