Skip to main content

Die nuutaangestelde provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig in die Wes-Kaap, Reagen Allen, het onlangs die Bergrivier Munisipaliteit se Veiligheidsberaad in Piketberg bygewoon.

Volgens Matthew Shaldon, mediawoordvoerder van die Bergrivier Munisipaliteit, is verskeie veiligheidsinisiatiewe met die besoek aan Allen ten toongestel.  “Die belangrike besoeker is ook aan die veiligheidsrolspelers in die streek voorgestel,”

“Die minister het ‘n besoek aan Piketberg gebring, binne die eerste 30 dae nadat hy in die pos aangestel was. Hy is ook ingelig oor die veiligheidsoperasies wat by die Active Box plaasvind, soos die videokameras wat bewegings van voertuie dophou, (dit lees voertuie se registrasieplate) van mense in die verskillende dorpe in die Bergrivier Munisipaliteit.

“Bergrivier Munisipaliteit bedank al sy vennote en belanghebbendes wat gehelp het om hierdie geleentheid in ‘n vrugbare verbintenis te omskep,” lui Shaldon se verklaring.

Op die foto van links is: Ray van Rooy  (uitvoerende burgemeester),  Reagen Allen en wetgewer Mario Wessels by die Veiligheidsberaad in Piketberg.

Leave a Reply