Skip to main content
Jacques Afrika
George April
‘n Sestienjarige tiener het gister vlugtig in die Moorreesburghof verskyn na die noodlottige aanranding Saterdagaand van ‘n belowende rugbyspeler.
Jacques Afrika (26) is die aand voor sy ouerhuis met ‘n skerp voorwerk gesteek, waarna hy na binne sy ouerhuis gevlug het. Hy het daar gesterf.
Volgens die polisie op Moorreesburg is die 16-jarige tiener na Afrika se dood in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag, 12 Julie vlugtig in die hof verskyn, waarna die saak tot Maandag, 18 Julie uitgestel is.
Die Waarheid  het egter betroubaar verneem dat daar onsekerheid is oor wat regtig voor Afrika se dood gebeur het. Die tiener wat aangekla is vir die misdaad, het blykbaar gesê dat hy nie die daad gepleeg het nie. Omdat hy nog nie gepleit het nie, is daar volgens die bron meer vrae as antwoorde.
Afrika, wat vir Samoa, Moorreesburg se B-span, uitgedraf het, se begrafnisdiens word Saterdag 10:00 uit die AGS kerk in Rosenhof, Moorreesburg gehou. Volgens die oorledene se suster, Karen, is die huisdiens om 9vm in Angelierstraat 7.

Leave a Reply