Skip to main content

Indië met sy 1,4 biljoen mense sal binnekort by China oorneem as die wêreld se digbevolkste land op Moeder Aarde.

Dit blyk uit die nuutste VN-syfers. Daarvolgens sal ons planeet teen November vanjaar reeds agt biljoen inwoners hê. Nogtans is bevolkingsgroei nie so snel as voorheen nie. Menslike aanwas is tans op sy laagste tempo sedert 1950 en sal na verwagting rondom 2080 ‘n spits bereik met sowat 10,4 biljoen mense. Sommige demograwe meen egter dat dit reeds vroeër kan gebeur.

Die wêreld se bevolkingsgroei brei ook oneweredig uit. Meer as die helfte van die verwagte groei in die volgende 30 jaar sal net in agt lande gebeur: die Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Ethiopië, Indië, Nigerië, Pakistan, die Filippyne en Tanzanië.

Leave a Reply