Skip to main content

NASA het gister die eerste van ‘n reeks foto’s vrygestel wat deur die nuwe James Webb-ruimteteleskoop (JWRT) geneem is.

Die nuwe foto’s van die diepruimte wys presies hoe ‘n hengse verbetering die JWRT op sy voorganger, die Hubble-ruimteteleskoop, is.

Die JWRT is op Kersdag verlede jaar bekendgestel. Dit is ses keer groter en 100 keer kragtiger as Hubble, wat 32 jaar gelede in 1990 gedebuteer het.

Behalwe om beter resultate as Hubble te kry, werk die JWRT vinniger. Hubble het weke geneem om sy beeld van diepruimte te skandeer, terwyl JWRT dieselfde area in 12 uur 30 minute gedek het.

Leave a Reply