Die voortslepende kragonderbrekings hou ernstige implikasies in vir voedselsekerheid in Suid-Afriks, het Agri SA gister gesê.
Beurtkrag dra by tot inflasie en kan daartoe lei dat boere minder plant as gevolg van stygende koste en ontwrigting in plantskedules.
Voorts verhoog beurtkrag die koste van produksie vir boere in ‘n tyd dat Suid-Afrikaners verdere voedselprysstygings in die gesig staar en onder ongekende ekonomiese druk verkeer, lui die verklaring.
Daarvolgens is elektrisiteit sentraal tot moderne boerderypraktyke en die onlangse toename in beurtkrag het dit ernstig ontwrig. Pompstasies, besproeiing, verkoeling en ander stelsels is almal afhanklik van kragtoevoer.