Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vandag Geel Vlak 2-waarskuwings vir wind en groot branders in die Wes- en Noord-Kaap uitgereik.

Die kuslyn in die Noord-Kaap en Wes-Kaap tussen Alexanderbaai en Kaap Agulhas sal hierdeur geraak word. Volgens die weerdiens word sterk tot stormsterkte (44 tot 65 km/h) noordwestelike tot westelike winde met rukwinde van tot 75 km/h in die geaffekteerde gebiede verwag.

Die wind, wat geassosieer word met ‘n naderende koue front, sal na verwagting teen Sondagaand bedaar. Intussen word groot branders – tussen 4.5 tot 6 meter hoog – in dieselfde gebied verwag.

Leave a Reply