Die Junior Springbokke het ‘n begeesterde Ierland gisteraand met 33-24 in Verona, Italië, geklop.
Dit is die Suid-Afrikaners se tweede sege in twee wedstryde in die Sesnasies-somerreeks.
Die Jong Bokkies het die Iere in die eerste skof oorrompel met twee drieë deur Tiaan Lange en een elk deur Reinhardt Ludwig en Corne Rahl.
Die kaptein en losskakel Sacha Mngomezulu het drie daarvan verdoel.
In die tweede helfte het Lukhanyo Vokozela die Suid-Afrikaners se vyfde drie gedruk.