Skip to main content

Isaac Cloete

“Niks vir ons, namens ons, of sonder ons nie.”

Met die woorde het die Richtersvelders die naweek gewys dat niemand op hul grond net kan maak en breek soos hulle wil nie. Boonop is hulle ontevrede oor die regering nie vooraf die inwoners oor ‘n “geheime” samekoms oor die hawe geraadpleeg het nie.

Hulle het toe Saterdag hardegat met plakkate gewys dat die regering nie net sommer mag voortgaan met die Boegoebaai-haweontwikkeling nie. Die picketing het by die N. Orsmond saal in Alexanderbaai plaasgevind.

Die Northern Cape Economic Development Trade and Investment Promotion Agency ( NCEDA) het glo ‘n geheime werkswinkel rakende die groen waterstofprojek en die reuse Boegoebaai-hawe van ongeveer R13 biljoen aangebied.

Slegs ANC-raadslede en die administrateur van die ontbinde gemeenskaps-eindomsvereniging (CPA) van die Richtersveld was na die verrigtinge genooi. Die sprekers was die LURe, Bently Vass,  Abraham Vosloo en Mase Manopole, asook Zamani Saul (Noord-Kaapse premier).

Die verrigtinge is met meer as ‘n uur vertraag toe Richtersvelders en Namakwalanders die saal beset het. Hulle het daarop aangedring om deel te wees van die verrigtinge.

Die projekbestuuder, van NCEDA, Hendrik Louw,  het hulle egter meegedeel dat hulle nie daar welkom was nie.

Die besetters het geweier en die polisie se hulp is ingeroep. Laasgenoemde het toe die saal afgesper.

Veronica van Dyk, parlementere verteenwoordiger van die DA, het vooraf aansoek gedoen om die verrigtinge by te woon. Volgens haar wou sy slegs ‘n oorsigrol gaan speel.

“Ek was egter in kru taal en met baarbaarse vyandigheid, asook aggressie deur ANC-raadslede beveel om die saal te verlaat. ”

Sy het verder vertel dat slegs sekere raadslede van die Richtersveld Munisipaiteit daarheen genooi was. Sy ruik ‘n rot.

‘n Gemeenskapsleier, Simon Petrus Job, het hom ook sterk uitgespreek omdat die verrigtinge agter geslote deure voortgegaan het.

“Ek is baie ongelukkig oor hoe die regering ons mense steeds behandel. Ons is steeds by die agterdeur soos voor 1994. Hulle het ons uitgesit en met die polisie gedreig. Toe vergader hulle agter toe deure. Hulle het definitief ‘n verskuilde agenda.”

Liz Paulsen is die voorsitter van die Namaqualand Indigenous Environmental Minerals Agriculture and Sea (NIEMAS). Volgens haar wou sy net die vergadering gaan toespreek.

“Ek wou net vertel dat daar nog geen lewensvarbare studies gedoen of voltooi is nie. En enige besluite sonder die deelname van die eerste inheemse mense (Namas en KhoiSan) is dus van nul en geen waarde nie.”

Dawid Markus, raadslld van die National Economic Fighters, het die verrigtinge as “top secret” beskou, waar selfs die media weggehou was.

Volgens hom was die publiek doelbewus uitgesluit deur die ANC sodat hulle korrupsie kon voortgaan.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die CPA onder administrasie is en nie meer funksioneer nie. Hulle kon dus nie die gemeenskap verteenwoordig nie.

Leave a Reply