Al ooit gedink dat drake in water woon? Raar, maar waar!
Hierdie draak, met die formele naam van Glaucus atlanticus, dryf onderstebo in die water en gebruik sy blou kant om dit ongesiens in die water te verdoesel. Vir die wat dit wel al raakgesien het, sal dadelik weet hoekom dit ‘n “blou draak” genoem word.
Hulle kos is hoofsaaklik ‘n jellievis wat in die algemeen bekend staan as ‘man o’ war’. Die blou drakie is ook verwant aan hierdie jellievis, en nes jellievisse, kan dié blou dingetjie ook erge ongemak veroorsaak met sy effektiewe, giftige angel.
Die blou draak, wat as ‘n seeslak beskou word, is ‘n relatief nuwe vonds. Die wonderlike ding is dat, anders as baie nuwe spesies wat in uitgesoekte streke woon, hierdie spesie nou oral opduik. Navorsers het aanvanklik die Indiese Stille Oseaan hul tuiste genoem, maar navorsers moes hul bevindinge hersien nadat hulle ook in die Baai van Kalifornië opgeduik het. Daarna is hulle ook in Taiwan, die South Padre Eiland in Texas, en laastens in Kaapstad waargeneem.