Skip to main content

Verbruikersinflasie het sy hoogste vlak in vyf jaar bereik. Dit trek nou op 6,5% en ekonome waarsku dit kan steeds erger word.

Stats SA het gister die inflasiedata vir Mei vrygestel, wat van 5,9% in April gestyg het. Die konsensus onder ekonome was ‘n styging tot 6,1%, ‘n oorskryding van die boonste perk van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se inflasieteiken van 4% tot 6%.

Desondanks, het inflasie na raming nog nie ‘n aller-hoogtepunt bereik nie.

Ekonome verwag dat dit nog vandeesmaand of Julie verder sal styg tot bo 7%, aangesien petrolprysstygings in ag geneem moet word. Ten spyte van die regering se besluit om die uitstel van brandstofheffings van Mei tot begin Augustus te verleng, het petrolpryse in Junie met sowat R2 per liter gestyg. Ekonome verwag steeds ‘n aansienlike styging in die petrolprys in Julie.

Leave a Reply