Skip to main content

Suid-Afrikaners hoef nie meer maskers binnenshuis in openbare omgewings te dra nie.

Beperkings op byeenkomste en grenskontroles – insluitend vir inentingstatus – is ook laat vaar.

Joe Phaahla, minister van gesondheid, het gister die betrokke regulasies herroep met ‘n eenvoudige kennisgewing in die Staatskoerant. Die betekenis daarvan was egter nie onmiddellik duidelik nie weens die tegniese aard van die kennisgewing.

Phaahla sal vandag by die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, aansluit vir ‘n persinligtingsessie oor kabinetsberaadslagings. Dit het gekom nadat die Departement van Gesondheid aanbebeveel het dat die oorblywende Covid-19-beperkings laat vaar moet word.

Leave a Reply