Skip to main content

Stappe sal geneem word om die polities plofbare finale staatskaping-ondersoekverslag te beskerm teen moontlike aanvalle uit regsgeledere.

So het hoofregter Raymond Zondo gereageer oor moontlike stappe uit regskinge wat kan volg weens die weeklange vertraging in die vrystelling van die afgewagte verslag.

“’n Mens gaan dit op een of ander manier wil reguleer,” het Zondo Maandag op die kantlyn van die Regterlike Dienskommissie se onderhoud met voornemende adjunkhoofregter Mandisa Maya aan joernaliste gesê.

Volgens hom kan hierdie “regularisering” behels dat die kommissie ‘n aansoek om kondonasie bring vir die laat vrystelling van sy laaste verslag. Met so ‘n aansoek word die hof gevra vir toestemming, kondonering of vergifnis oor die mis van ‘n sperdatum vir indiening.

Ná die ondersoek se laaste aansoek om verlenging van sy termyn in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria, is die ondersoek tot 15 Junie gegee om sy finale verslag te voltooi. Dit ondersoek onder meer die bewerings van misdadigheid teen die voormalige spioenbaas Arthur Fraser en ander hooggeplaaste amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap.

Leave a Reply