Basenjis mag dalk die wêreld se oudste honderas wees. Boonop blaf hierdie ongewone honde nie. Pleks daarvan maak dit jodelagtige klanke.
Basenjis versorg hulself, en die moontlikheid bestaan dat hulle selfs die inspirasie vir ‘n Egiptiese God is. Hierdie onafhanklike jaghonde het eers in die 1900’s na die Weste gekom.
Hulle is een van die min honderasse wat as hipo-allergeen beskou word, met ander woorde mense kan nie vir hul hare allergies wees nie. Twee ander sulke rasse is Poedels en Schnauzers.
‘n Paar ander interessante hondefeite:
Elke hond het ‘n unieke neusafdruk, nes mense unieke vingerafdrukke het.
Wanneer honde in sirkels omdraai voordat hulle gaan lê, volg hulle ‘n oeroue instink wat vir hulle sê om te kyk vir bedreigings voordat hulle ‘n kwesbare posisie inneem.
’n Algemene mite is dat honde net in swart en wit sien, maar dit is nie waar nie. Hulle kan eintlik blou en geel ook sien.
Honde se neuse bly die meeste van die tyd nat. Dit help om hul reuksintuig skerp te hou. ’n Droë neus kan beteken dat jou hond nie lekker voel nie.