Duitsland maak gereed om die tweede fase in sy gasnoodplan binne ‘n week in werking te stel, het Die Welt gister berig, met verwysing na betroubare bronne.
Die hoof van die gasreguleerder Bundesnetzagentur het kommer uitgespreek oor die hoop dat huidige gasvoorrade Duitsland deur die winter sal kan dra. Terselfdertyd het die HUB van Duitsland se grootste energie-nutsmaatskappy, Markus Krebber, ‘n apokaliptiese prentjie geskep. Hy het verwys na “as daar tans geen plan … op Europese vlak is” om “die gas te herverdeel as ons heeltemal afgesny word nie”.
Alhoewel dit onduidelik is hoe hoog die prysstygings weens die gastekorte sal wees, meen een betroubare bron dat die gemiddelde drie-persoon huishouding ‘n verhoging van tot so hoog as €2 000 in die gesig kan staar.
Die prys van brandstof het die afgelope paar maande juis die hoogte ingeskiet ná die begin van Rusland se spesiale militêre operasie in die Oekraïne, wat daartoe gelei het dat die EU massiewe sanksies teen die Russe ingestel het. Alhoewel hierdie sanksies bedoel was om Rusland ekonomies te straf, het dit die omgekeerde effek gehad en raak Europese gesinne toenemend. ‘n Onlangse peiling het bevind dat soveel as een uit elke ses Duitsers erken het dat hulle maaltye oorslaan sodat voorrade deur die dag kan hou.
Die moontlike instelling van nuwe noodmaatreëls kom ná die Russie verskaffer Gazprom verlede week die toevoer van aardgas aan Duitsland met 60% gesny het. Terwyl Berlyn die Russiese gasmaatskappy se besluit as “polities” bestempel het, het Moskou verduidelik “daar is eenvoudig niks om gas mee te pomp nie”. Volgens die Russe is Gazprom nie in staat om gasvloei veilig te waarborg sonder ‘n turbine wat deur Siemens Energy na Kanada gestuur is vir herstel, maar nie terugbesorg is nie.
“Dis ‘n mensgemaakte krisis wat deur die EU geskep is,” het Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, Maandag gesê. “Ons het gas, dit is gereed om gelewer te word, maar die Europeërs moet die hardeware teruggee nadat dit in ooreenstemming met hul kontrakverpligtinge herstel is.”
Sou die finale stadium van Duitsland se noodgasplan in werking gestel moet word, sal die staat beheer van die rantsoenering van gas kry. Dit sal gebeur as daar ‘n “uitsonderlike hoë vraag na gas is, ‘n beduidende ontwrigting in gasvoorsiening of ‘n ander beduidende voorsieningsituasie is en alle relevante markgebaseerde maatreëls geïmplementeer is en gasvoorsiening steeds onvoldoende is om aan die oorblywende aanvraag te voldoen,” volgens die Ekonomiese Ministerie.