Suid-Afrika sal sy beplande humanitêre hulp- en voedselitems aan die mense van Kuba voortsit.
Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het bevestig dat Kuba se versoek vir humanitêre ondersteuning na voedseltekorte en ‘n behoefte aan basiese voedsel soos ingemaakte vleis en vis, rys en poeiermelk toegestaan is. Pres. Cyril Ramaphosa het in ‘n skrywe aan die Kubaanse regering in April bevestig dat Suid-Afrika hulp sal verleen.
Pandor het bygevoeg dat die African Renaissance Fund-advieskomitee ‘n verdere US$3,1 miljoen aanbeveel het vir dringende humanitêre hulp aan die Latyns-Amerikaanse eilandnasie.