Skip to main content

Minstens 35 tienermeisies is uit ‘n “babafabriek”-hotel in Nigerië gered waar hulle as seksslawe gebruik is en waarna hul babas op die swartmark verkoop is.

In die sekssklawe-bedryf in die land word ongetroude swanger vroue gesondheidsorg belowe, net vir hul kinders om daarna weggeneem te word. In ander gevalle word vroue verkrag en so swanger gemaak.

Vier van die meisies wat gered is, was swanger. Sommige wapens en kontant is by die hotel gekry.

Die polisiebeamptes het die klopjag uitgevoer op grond van intelligensie en wenke van inwoners in die omgewing. Drie verdagtes, waaronder twee mans wat die perseel bewaak het, en die assistentbestuurder van die hotel, is tydens die klopjag in hegtenis geneem.

In April 2018, het die polisie op ‘n babafabriek en twee ongeregistreerde weeshuise in Lagos toegeslaan en meer as 160 kinders gered, van wie sommige seksueel misbruik is.

Leave a Reply