Donkies het fenominale geheuevermoë want hulle kan komplekse roetes onthou en ander diere herken wat hulle vir jare nie gesien het nie.
Boonop is donkies uitsonderlik-intelligent en het ‘n logiese benadering tot probleemoplossings.
Hierdie liefdevolle, sosiale diere se reuse-ore verseker dat hulle die geroep van tropmaats – en roofdiere – oor kilometers heen kan hoor. Die ore help hulle ook afkoel, veral in woestynomgewings.
Anders as perde en sebras, kan donkies balk wanneer hulle in- én uitasem. Elke donkie het sy eie unieke balk.
Ons gewone donkies het ook ‘n “Rasta”-familielid: die Poitou-donkie. Die donkieras is bekend vir hul kenmerkende lang hare wat in dik, gekokete toue hang. Dit is soortgelyk aan dreadlocks. Verstommend genoeg, hoe langer en meer gekoek die hare op hierdie donkie is, hoe meer waardevol is die donkie.
Wilde-esels se syfers is aan’t taan, maar daar is mense wat daaraan werk om hulle te beskerm.
Donkies is basters wat verwant is aan sebras en perde.
Hier is ‘n paar terminoloë ter verduideliking:
Muil: ‘n baster van ‘n manlike donkie en vroulike perd
Esel of Hinny: ‘n baster van ‘n vroulike donkie en manlike perd
John muil: die manlike nageslag van ‘n perd en donkie
Molly: die vroulike nageslag van ‘n perd en donkie
(Bogenoemde is amper altyd steriel.)
Jule: die nageslag van ‘n manlike donkie en vroulike muil
Hule: die nageslag van ‘n manlike perd en vroulike muil
Omdat donkies met sebras kan paar, is daar ook kreatiewe name vir daardie nageslag:
Zebra hinny, zebret, zebrinny: ‘n baster van ‘n manlike donkie en vroulike sebra
Zebroid, sebrass, zedonk: ‘n baster van ‘n vroulike donkie en manlike sebra
Donkies is sosiale diere wat nie daarvan hou om alleen te wees nie. Hulle het as tropdiere ontwikkel en vorm diep, lewenslange bande met ander donkies of diere met wie hulle ‘n weiveld deel.
Hegte bande tussen twee donkies word paarbindings genoem, en daar is ook navorsing om hul legitimiteit te bewys. Om ‘n paar te skei het negatiewe uitwerking op die donkies wat stres, pyngedrag en verlies aan eetlus insluit.
Vir diegene wat belangstel om ‘n donkie te besit, is dit dus beter om twee huis toe te bring, of ten minste jou donkie by potensiële vriende soos ‘n perd te plaas.
Donkies kan ook as “waghonde” gebruik word want hulle is van nature aggressief teenoor “hondagtige” diere, soos honde, wolwe, of jakkalse.
Donkies is bekend daarvoor dat hulle koppig is. Dit is omdat hulle ‘n skerp gevoel van selfbehoud het. As hulle voel dat hulle in gevaar is, sal hulle hul man staan en weier om te beweeg, eerder as om weg te hardloop.
En nou vir die “ag moeder”-oomblik: miniatuur donkies is indrukwekkend klein. Inheems aan Sicilië en Sardinië, staan hulle nie langer as drie voet hoog by die skouer nie. Hulle is egter nie ‘n afgeteelde weergawe van die “normale” dier nie – sy grootte is natuurlik.