Skip to main content

Die enigste kleure wat skoenlappers kan sien is rooi, geel en groen. Nie dat dit beteken hulle sal ooit ag slaan op ‘n rooi verkeerslig nie!

Hulle sal ook nooit spoedkaartjies kry nie. Die vinnigste spoed wat skoenlappers kan vlieg, is 19.31 km/h. Hulle wintie familielede, motte, kan egter tot 40.2 km/h haal.

Sommige vlinders, soos die Monarg-spesie, reis ver en oor lang afstande. Hulle vlieg ongeveer 3200 km ver vanaf die groot mere-gebied in die VSA na die Golf van Mexico, net om weer in die lente hierdie lange tog terug aan te pak.

Daar is ongeveer 24 000 spesies skoenlappers, en die langslewende lepidoptera (dis hul spesie-naam), oftewel die Swaelvlinder lewe nege tot tien maande.

Vlinders proe met hul voete. Dis ook hoe hulle kies watter blare goed genoeg is om hul eiers op te lê.

Skoenlappers se geraamtes is aan die buitekant van hul liggame, wat die eksoskelet genoem word. Dit beskerm die insek en hou water binne hul liggame sodat hulle nie uitdroog nie.

Leave a Reply