Skip to main content

Hase is nie net langoor-herbivore wat soos … wel, hase aanteel nie.

Hierdie diertjies het baie interessante gewoontes. As jy al ooit een sien rondspring het, moenie dink dat dit dalk besete is nie. Inteendeel, dis eerder hoe ‘n haas wys dat hy/sy gelukkig is.

Hase kan ook opgelei word om hul nommer een én twee in ‘n kat se sandbak te doen. Dis baie minder moeite as om daardie donker korreltjies oral te moet optel.

Hulle vrek ook oor soet vrugte, maar as jy een of meer troeteldier(e) het, moet jy oppas dat jy nie te veel van hierdie lekkernye voorsit nie.

Hasies kan baie liefdevol wees en ‘n noue band met hul eienaars vorm. Sommige sal selfs kom wanneer hulle geroep word.

En, nes honde, speel hulle graag met balletjies, alhoewel hulle dié verkies wat gemaak is uit papier.

Die gemiddelde leeftyd vir ‘n troetelhaas is 12 jaar, dus moet jy seker wees dat jy vir so lank na hulle kan of wil omsien. Ja, ek sê hulle, want hase hou van geselskap, en as jy net een aanhou, gaan jy met ‘n baie stout “kind” opgeskeep sit.

Leave a Reply