Skip to main content

Die lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie is  verlede naweek in ‘n vullisdrom langs die Gluckman-pad in Potchefstroom se middestad gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Saterdagaand na die toneel ontbied. Op die toneel het hulle die lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie gevind, wat in verskeie lae plastiek toegedraai was.

Medici het die seuntjie vinnig geassesseer en gevind dat hy geen tekens van lewe getoon het nie. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie, en hy is op die toneel dood verklaar.

Plaaslike owerhede se nooddienste was ook op die toneel vir verdere ondersoeke.

Leave a Reply