Skip to main content

Terugblik 2 – Nog 80 sketse van ons geskiedenis deur Fransjohan Pretorius

Hierdie is die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs, wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis, asook ’n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Fransjohan Pretorius is professor emeritus van die Departement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria. Met sy talryke gewilde publikasies het hy bekend geraak as ’n historikus wat daarin slaag om geskiedenis toeganklik vir gewone lesers te maak. Naas verskeie bekronings vir sy publikasies oor die Anglo-Boereoorlog, is hy in 2019 vereer met die Jan H. Marais-prys vir sy uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

Leave a Reply