Nadat Busisiwe Mkhwebane aanhoudend probeer het om die ondersoek na haar geskiktheid om die amp van Openbare Beskermer te beklee stop te sit, het sy Vrydagoggend haar aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof verloor.
’n Dag nadat Mkhwebane, openbare beskermer, deur president Cyril Ramaphosa geskors is, het sy haar aansoek vir ’n tussentydse interdik teen haar vervolging, in die hooggeregshof verloor.
Regter Nathan Erasmus het die saak aangehoor.