Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) sê sy lede is geskok, kwaad en voel verraai nadat Comair se sakereddingspraktisyns (BRP) aangekondig het dat die maatskappy gelikwideer gaan word.
Numsa het met lede van die unie by Comair vergader om hulle in te lig oor die aankondiging deur die BRP’s dat hulle nie glo Comair kan gered word nie. Comair se besluit om vlugte te kanselleer, het ‘n groot leemte in die lugreismark gelaat sedert die aankondiging oor hul stryd om finansiering te kry op 1 Junie 2022.
Comair het onder lisensie British Airways en Kulula.com-vlugte bedryf.
Numsa het die sakereddingspoging ‘n “skyn” genoem. Comair, het Numsa gesê, “staar ineenstorting in die gesig bloot omdat dit wanbestuur is deur Richard Ferguson, die BRP, en die uitvoerende hoof, Glenn Orsmond.”