Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gaan namens Umgeni Water meer as R400 miljoen verhaal ná bedrieglike tenderprosesse.
President Cyril Ramaphosa het die SOE opdrag gegee om die sake van Umgeni Water, die tweede grootste waterraad in die land, te ondersoek. Dit, nadat bewerings van korrupsie sowel as vrugtelose en verkwistende uitgawes opgeduik het.
Die nasionale parlement het Woensdag gehoor die SOE het sy eenheid vir siviele litigasie ingelig oor vyf ongespesifiseerde kontrakte ter waarde van R465 miljoen, met die doel om siviele verrigtinge in die Spesiale Tribunaal in te stel om die kontrakte ongeldig te verklaar. Die ondersoek na die watervoorsiening is in 2019 deur president Cyril Ramaphosa begin.