Die presidensie het gister gesê Mkhwebane sal geskors bly totdat ‘n vervolgingsproses in die parlement afgehandel is.
Haar adjunk moet instaan indien sy nie haar pos kan vul nie.
“Die afwesigheid van advokaat Mkhwebane in die amp sal dus nie die vordering van enige ondersoeke wat hangende of aan die gang is belemmer nie.”
Die skielike besluit het gekom ondanks Mkhwebane se pogings om te litigeer om haar skorsing te voorkom. ’n Uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof waarin sy dringend ’n tussentydse interdik aanvra wat haar skorsing verhoed, is hangend.