Katte vryf nie net hul kop teen jou as ‘n teken van liefde nie, maar hulle merk jou ook as hul eiendom. Hulle gebruik die reukkliere wat hulle om hul gesig het, die basis van hul sterte en hul pote om dit te doen.
Katte kan nie soetgoed proe nie, en wetenskaplikes glo dis as gevolg van ‘n genetiese mutasie wat sleutel-smaakreseptore affekteer.
Katte het nie net nege lewens nie, hulle erf ook fortuine.
Toe Ben Rea, ‘n suksesvolle Britse antieke handelaar en bekende kluisenaar in 1988 dood is, het hy sy fortuin van 12,5 miljoen dollar aan sy kat, Blackie, nagelaat. Dit het Blackie die rykste kat in die wêreld gemaak, en hy hou steeds die Guinness-wêreldrekord vir rykste kat! Die geld is uiteindelik gelykop verdeel tussen drie katliefdadigheidsorganisasies wat Blackie moes versorg totdat hy dood is.
Al ooit gewonder hoekom katte in bome kan klim, maar nie weer kan af nie? Dit is omdat hul kloue dieselfde kant toe wys as wat hulle klim.
En ja, katte kan jou stem herken. So dáár is die bewys dat hulle jou soms net bloot ignoreer…