Oudpresident Jacob Zuma kan die advokaat wat hom daarvan beskuldig dat hy deurslaggewende bewyse oor sy wapentransaksie-korrupsiesaak aan die media uitgelek het, dagvaar.
Zuma het via die Direktoraat van Openbare Vervolging (DOV) en die uitreiking van ‘n sertifikaat die groen lig gekry om Billy Downer privaat te vervolg.
Die DOV het geweier om adv Billy Downer SC weens “onvoldoende bewyse” te vervolg.
Zuma se prokureurs het voorheen aan Shamila Batohi, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, geskryf en geëis dat sy Downer as die hoofaanklaer in sy korrupsiesaak verwyder.
Die uitgereikte sertifikaat laat iemand met direkte belang in ‘n saak toe om iemand anders privaat te vervolg.