Skip to main content

Duiwe, wat glo die eerste mak voëls was, is vir millennia gebruik as boodskappers vir onder meer militêre inligting en die uitslae van die eerste paar Olimpiese Spele.

Daarna was duiwe in diens van poskantore, tot so onlangs as die Tweede Wêreldoorlog waartydens hulle belangrike boodskappe moes aflewer.

Duiwe se vermoë om hul pad huis toe te vind oor honderde, selfs duisende kilometers, is ongeëwenaard in die diereryk. Hierdie ongelooflike vermoë het bygedra dat hulle vir eeue lank gebruik was om boodskappe aan koninklikes, militêre leiers en ander noemenswaardige figure te lewer.

Hierdie voëls se ‘foto’s’ is die eerste keer in die Mesopotamiese tydperk in piktografiese skrif op kleitablette uitgebeeld, wat meer as 5 000 jaar terug dateer.

Daar is meer as 300 spesies “standbeeldverwers” op Aarde en in die 11de-12de eeue het die duif dieselfde waarde as ‘n volbloed hings gehad.

‘n Volwasse duif het ongeveer 10 000 vere.

Duiwe sien die wêreld in ‘n kaleidoskoop van kleure en hulle kan tussen byna identiese kleurskakerings onderskei.

Biologiese bewyse bestaan dat mannetjie-duiwe groter en slimmer as die wyfies is.

Die mooiste duif? Beslis die Asiatiese vrugteduif!

Leave a Reply