Skip to main content

In ‘n liedjie wat uit 1962 dateer, gesing deur The Tokens, kom dié nou bekende lirieke voor:  ‘In the jungle, the mighty jungle, the lion sleeps tonight…’

Uhm, toe nou nie. Leeus slaap en woon in grasvelde, soms in plantasies, of in die woestyn. Maar nooit in die oerwoud nie. Daarom maak dit ook sin dat leeus ook nie die ‘konings van die oerwoud’ genoem kan word nie.

Iets wat die meeste van ons ken, is die gebrul van ‘n leeu, en alhoewel dit skrikwekkend in die donker kan wees, kan die gebrul tot 8 km ver gehoor word, wat beteken dat dié reuse katte dalk nié op jou voorstoep kuier nie.

Leeuwyfies het 5kg vleis per dag nodig om te oorleef, en mannetjies 7kg of meer per dag, daarom jag hul meestal groot diere soos wildebeest of sebras.

Leeus jag meestal van skemer tot dagbreek, en leeuwyfies doen 85-90% van die jag, terwyl die leeumannetjies die gebied patrolleer en die trop beskerm.

Leeus kan ‘n spoed van tot 81 km/u haal. As jy dus ooit te voet is en een jou jaag … gooi jouself solank sout…

Leave a Reply