Afrikalande wat die gaping moet vul weens ‘n gebrek aan Russiese en Oekraïense voedselinvoere, moet buite die tipiese sfeer van ekonomiese hulp kyk, het die VN se assistent-sekretaris-generaal Ahunna Eziakonwa ná ‘n vyf dae lange sending na Japan gesê .
Eziakonwa, wat ook die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se streeksdirekteur vir Afrika is, het verwys na die unieke rol van die regering en privaatsektorvennote in Japan ter ondersteuning van Afrika-lande.
In 2008 het Japan ‘n drie-fase program met die Coalition for African Rice Development (CARD) begin. Dit sal rysproduksie vir die binnelandse mark regdeur Afrika verhoog.
Meer hulp-opsies tussen Japan en die Afrika-kontinent sal bespreek word by die agtste Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling (TICAD) van 27 tot 28 Augustus 2022 in Tunisië, berig Laura Angela Bagnetto vir Radio France Internationale.