Skip to main content

Baie mense gril hulle dalk dood vir vlermuise, maar vampiervlermuise is drukkiemonsters!

Nie net deel hulle drukkies onder mekaar uit nie, maar hulle spandeer baie tyd aan versorgingsessies onder mekaar, nes aapspesies en tieners.

Die gedrag van vampiervlermuise sorg dat hulle sterk sosiale bande in plek hou.

In totaal word 3,7 persent van hul wakkertyd spandeer om na hul vriende en familie te ‘luister’ en na hulle om te sien. As mense ewe bedagsaam was, sou dit daarop neerkom dat jy ongeveer 36 minute per dag spandeer om jou maat se hare te doen en insekte uit hul pluis te pluk terwyl jy ook na alle klagtes luister.

Hierdie diertjies se meer higiëniese gewoontes het niks te doen met kiemfobies nie, maar dra bloot by tot hul sosiale dinamiek. Die interessante gedrag en sorgsaamheid van vampiervlermuise sal hopelik mense voortaan anders na hulle laat kyk …

Leave a Reply