Skip to main content

Die polisie in Gauteng en KwaZulu-Natal het gesukkel om Gauteng se mees gesoekte misdadiger op te spoor en weer in hegtenis te neem, maar ‘n beloning van R100 000 het vir vinnige inligting gesorg.

Die belonging, wat op 29 Mei aangebied was vir hulp om Mbuso Ndabazovela Biyela op te spoor, het gesorg dat die polisie talle wenke ontvang het. Net vyf dae nadat die beloning uitgereik is, is Biyela opgespoor naby aan ‘n Sahlumbe-dorpie in Weenen, KwaZulu-Natal.

‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê Biyela, wat Gauteng se mees gesoekte misdadiger was, is Maandagoggend in ‘n skietgeveg met die polisie dood. Biyela word met agt polisiesake verbind, insluitend die moord op ‘n polisiebeampte in Oktober 2021.

Leave a Reply