Skip to main content

Die Economic Freedom Fighters (EFF) beplan om die land Vrydag tot stilstand te dwing weens die geweldige styging in die brandstofprys, wat môre in werking tree.

Motoriste sal R2,43 meer per liter vir 93-oktaan petrol betaal, R2,33 per liter vir 95 oktaan en R1,10/l meer vir diesel.

Hordes EFF-ondersteuners en –simpatiseerders doen tans op sosiale media ‘n beroep op mede-Suid-Afrikaners om die staking te steun.

“Niemand gaan werk toe nie, niemand gaan skool toe nie. Ons maak alle vulstasies toe sodat niemand petrol kan koop nie . As ons nie iets doen nie, gaan ons swaarkry,” skryf Nthwe Sharp op Twitter.

Cathy Kipps het ook getwiet: ““Die regering stel nie daarin belang om petrolprysverhogings uit te sorteer nie. Hulle sal binnekort die prys op bestuurslisensies en wat ookal opstoot om hulle medeburgers van geld te stroop. Hierdie keer staan ek agter die EFF. Eerste keer ooit.” Neofabulous Ramafoko het ook oor sy ontevredenheid met die prysverhogings getwiet: “Uitstekende skuif! Duitsland het dit gedoen en die regering het brandstofpryse verlaag. Welgedaan EFF.”

Leave a Reply