Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) oorweeg dit om ‘n R10-munt bekend te stel.
‘n R500-banknoot is egter nog nie in die pyplyn nie.
“Die resultate van die jongste ondersoek het aan die lig gebring dat Suid-Afrika nie gereed is vir ‘n R500-banknoot nie. So ‘n noot raak slegs nodig wanneer die hoogste denominasie – R200 in ons geval – die banknoot is wat die meeste gesirkuleer word.
“Dit is egter nie tans die geval in Suid-Afrika nie.”
Die Reserwebank se ondersoek het bevind dat daar wel ‘n ekonomiese rede is vir die bekendstelling van ‘n R10-muntstuk.
Om te bepaal of na nuwe denominasies oorgeskakel moet word, neem die SARB die koopkrag van die rand, die algemene neiging van inflasie en openbare persepsie in ag.
“Data wat aan die einde van 2021 gepubliseer is, toon dat, in terme van volume, is die R100-denominasie die gewildste, met ‘n gemiddeld van 776,6 miljoen fisieke banknote wat tussen Maart 2020 en Junie 2021 buite die SARB in omloop was. Dit is gevolg deur die R200-denominasie, met ‘n gemiddeld van 307,3 miljoen banknote wat gedurende dieselfde tydperk gesirkuleer het.”