Skip to main content

’n Grusame ontdekking is in Pretoria-Noord gemaak, toe die ontbinde lyk van ’n vrou in ’n huis in Akasia gevind is.

Volgens polisie is die lyk Saterdag in ’n slaapkamer gevind van die huis in Amandasig waar ’n 88-jarige vrou en haar verstandelik-gestremde kleinseun bly.

‘n Woordvoerder vir die polisie in Akasia, konstabel Lindi Mdluli, sê die ontbinde lyk is vermoedelik dié van ’n 57-jarige vrou, die dogter van die bejaarde inwoner van die huis.

“Die polisie is na die toneel ontbied deur ’n buurvrou wat onraad vermoed het omdat die een kamer in die huis altyd gesluit was,” sê Mdluli.

“Die polisie het ‘n deur in die huis oopgebreek waar hulle die onbinde lyk op ’n bed gevind het.”

’n Bron het aan Die Waarheid Media gesê dat die lyk totaal ontbind was. Die vrou het glo in 2019 vermis geraak, maar is nooit amptelik as vermis deur familie aangemeld nie.

Mdluli sê ‘n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van dood bepaal.

“Geen arrestasies is in verband met die saak gemaak nie en ons wag op verdere inligting van die forensiese span.”

Leave a Reply